Vondeling

R220.00

Skrywer:  Piet Schoombie

Hierdie is die aangrypende verhaal van ’n babaseun, wat op ’n sypaadjie gevind en by `n kinderhuis ingeneem word.  Hoewel die vondeling daar goed versorg word, moet hy meesal op sy eie instinkte en fisieke vermoëns staatmaak om vir homself ’n plekkie in die son te verseker. ’n Groepie simpatieke volwassenes help hom waar hulle kan, maar daar is ook ’n paar skurke wat hom wil uitbuit en hulle ten koste van ’n weeskind wil verryk! Tussendeur ondervind hy die opwinding van mededingende sport en die ekstase van eerste liefde vir twee verskillende skoonhede, die blonde rykmansdogter en die pragtige hoofmeisie van die hoërskool. Daar is ook die vondeling se voortdurende soeke en verlange na sy biologiese ouers.

As volwassene word hy ’n suksesvolle beroepsgholfspeler wat groot geld op die gholfbane van Europa verdien. Dit plaas hom in ’n voortdurende stryd om Mammon op so ’n  wyse te hanteer dat dit nie sy hele bestaan oorheers en dalk verwoes nie. Soos gewoonlik die geval met internasionale sportsterre, is daar ’n oorvloed lede van die skone geslag, wat ’n ogie op hom het, terwyl die ware liefde van sy lewe hom steeds bly ontwyk. Die skurke van sy jeugjare is ook bedrywiger as ooit en probeer miljoene rande van hom afpers. Hierdie geurige mengsel van sport, geld, misdaad en romanse sorg vir volgehoue spanning en heerlike opwinding.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Authors on the move...
css.php